Oor die Farm Dome

Die antwoord op die komende huishoudelike voedseltekorte.

Wanneer tye onseker is kan dit tot jou redding wees om alles te hê wat jy benodig vir 'n oorlewingstuin. Met hierdie kan jy jou en jou familie voorsien met gesonde kos. Die Farm Dome Survival Kit bied alles wat mees effektief is vir groei vir voldoende nutriente en kalorieë.

 

Previous
Next

Farm Dome

'n Skadunet bedekte, koepelvormige kweekhuis met 'n ingeboude besproeiingstelsel, 2.2 m in deursnee en 1.3 m hoog, ideaal vir die verbouing van groente vir 'n gesin van 4. Lig en sterk, maklik en vinnig om op te slaan.

Voordele:

Die Farm Dome beskerm gewasse teen nadelige omgewingstoestande soos:

  • sterk wind
  • oormatige sonlig en hitte
  • hael of sneeu
  • swaar reën
  • ryp
 
Dit bied ook beskerming teen insekte, voëls en ander diere.

Farm Dome Survival Kit

Met die Survival Kit kry jy alles wat jy nodig het om dadelik te begin:

Dit sluit in die Farm Dome + 12 pakkies verskillende erfsaad-saadjies + grondverbetering mediums, 'palm peat' en fyn houtskool.

Oor Ons

Beste vriende en kliënte 

Ons boer by Vredendal in die Weskaap en ook in die Roggeveld berge in die Karoo. Gedurende 2019 het ons met die idee begin om ‘n eenvoudige en bekostigbare klein groentetonnel te bou. Op ons plaas in die Roggeveld berge in die Karoo is voëls, insekte, hase en bobbejane volop en boonop is die weer ekstreem. Die winde is dikwels stormsterk en die weer het geweldige uiterstes, van hitte tot ryp en sneeu. In 2020 het dit bv. vier keer by ons gesneeu. Die rukwinde wat dikwels voorkom vernietig enige normale groentetonnel, so ons het gedink aan iets wat selfs hierdie winde kan weerstaan en steeds die groente beskerm ten spyte van uiterste weersomstandighede.

Op die ou end het ons uitgekom by ‘n klein ronde koepel, as jy hom goed anker kan hy byna enige weersomstandighede weerstaan. Ons noem dit die Farm Dome, hy werk goed op die plaas en is ook ideaal om in die agterplaas in ‘n dorps - of stadsomgewing te gebruik. Die besproeingsisteem wat in die raam ingebou is maak dit baie maklik om water te gee, dit koppel maklik aan enige tuinslang. Omtrent al die vervaardiging word by ons op die plaas Die Brug by Vredendal gedoen. Die spesiale 40% groentenet wat ons gebruik word deur ons eie mense met die hand gesny en gestik om netjies en stewig oor die koepel te pas. 

Met al die onsekerheid wat ons deurgegaan het met die sogenaamde lockdown , die moontlikheid van komende lockdowns asook die waarskynlikheid van ongunstige klimaat - en ekonomiese omstandighede, is dit sinvol om voorbereid te wees om self bykomende kos soos groente te kan produseer. Die Farm Dome Survival Kit is die antwoord. Dit sluit erfsaad in waarvan jy gesonde groente kweek en waarvan jy self ook saad kan oes sodat jy ‘n oneiendige stroom van voedsel kan genereer indien sade dalk moeilik bekombaar mag raak in die toekoms. 

Kontak asb myself of vir John vir enige navrae. 

Bestellings kan direk op ons webtuiste by www.farmdome.co.za gemaak word.

 

Groete
Ernst van Zyl

Ernst en Martinette van Zyl : 082 450 6988

John van Zyl : 079 248 5372 

Ingesluit met die Farm Dome

R 2,400.00 Insl. BTW

Ingesluit met die

R 2,850.00 Insl. BTW

Wees voorbereid met alles wat jy nodig het

  • 16 x plastiek pype (95 cm) (groen)
  • 8 x platiek pype (85 cm) (geel)
  • 8 x plastiek pype (60 cm) (geel)
  • 8 x T-vormige pyplaste
  • 7 x X-vormige pyplaste
  • 1 x X-vormige waterpyplas
  • 1 x tuinslang koppelstuk
  • ingeboude besproeiing-spreier sisteem
  • doelontwerpte 40% groente net
  • 1 x 'palm peat' blok
  • 1 x sak fyn houtskool
  • 12 x verskillende tipes erfsaad groentesade

Geselekteerde erfsaad groentesade

Erfsade het die uiterste kwaliteitstoetse deurstaan vir die lewering van uitstaande smaak, vorm en gehardheid. Oes jou eie sade om 'n aanhoudende, langdurige stroom van voedsel te lewer, sonder einde!

Voorbeelde van groentesade ingesluit in die Survival Kit:

  • Tamatie 
  • Komkommer
  • Spinasie
  • Mielie
  • Ui
  • Pampoen
  • Kool
  • Blaarslaai
  • Boontjies
  • Broccoli
  • Wortel
  • Eiervrug
  • Beet
 

Voordele van erfsaad:

  • Erfsaad is beproef oor tyd.

  • Jy kan aanhou om elke jaar erfsaad te bêre vir toekomstige gebruik.

  • Gewaarborg nie-GMO.

  • Erfsaad kan organies gekweek word.

'Palm Peat' Blok

Dit verhoog belugting, waterretensie, verbeter die tekstuur van die grond, produktiwiteit en verminder wortelsiektes!

'Palm peat', ook genoem 'coco peat', is die harige materiaal wat op kokosneute voorkom en is 'n eenvormige, konsekwente, hoë gehalte tuinbou groeimedium wat goeie ontkieming van saad verseker, asook 'n kragtige ontwikkeling van wortels, plante en blomme. Palm peat het uitstekende waterretensievermoë en kan verskeie kere gebruik word.

Die 'palm peat' is saamgepers in 'n blok (soos 'n baksteen), dit vergroot en vermeerder 5 tot 6 keer in volume nadat dit heeltemal in sy normale toestand is. Breek slegs die hoeveelheid van die saamgepersde blok af soos wat jy dit wil gebruik indien jy nie die hele blok gaan gebruik nie.

Dit kan tot drie keer hergebruik word met min verlies aan opbrengs. 'Palm peat' wat siek plante in gehad het moet nie weer gebruik word nie.

Belangrike voordele

  • Stel jou in staat om groente te laat groei in selfs swak grond bv. baie sanderige grond.
  • Jy kan saadjies laat ontkiem in die 'peat' alleen, die klein plantjies kan dan oorgeplant word vir beter resultate.
 

Ander voordele:

  • Uitstekende water- en lug retensie vermoeë.
  • Vry van onkruid, peste en insek organismes.
  • Gebalanseerde pH van tussen 5.4 en 6.8.
  • Verhoog stoorkapasiteit.
  • Maklike gebruik en toepassing.
  • Reukloos.
  • Lang raklewe.
  • Minder watergebruik.
  • Hoë porositeit - vinnige water opname en dreinering.
  • Uitstekende deklaag.
  • Goeie belugting - kragtige wortelgroei.

 

Hoe om 'palm peat' te gebruik:

Stap 1:

Vul 'n 10-liter emmer met 3-4 liter warm water en plaas die 'peat' in die emmer.

Stap 2:

Gee die 'peat' so 10 minute kans om die water op te neem en uit te sit.

Stap 3:

Sodra die water opgeneem is, breek die geswelde 'peat' op en trek dit uitmekaar uit. Dit is nou gereed om gebruik te word.

Metode van aanwending:

  • Strooi dit oor die grond en werk dit in.
  • Meng in die grond teen 'n verhouding van ongeveer 1/3.
  • Dit kan ook gebruik word as 'n deklaag rondom plante om vogtigheid in die grond te hou en om onkruid groei te voorkom.

Fyn Houtskool

Oor die algemeen is die organiese koolstofvlakke in ons grond baie laag, en dit bepaal die vrugbaarheid van jou grond. Die aanwending van houtskool in grond verhoog die koolstofvoorraad en dus ook die vrugbaarheid van die grond.

Houtskool kan die loging (dreinering of filtrasie) van voedingstowwe verminder, dit verlaag grond suurheid en dit verminder die hoeveelheid water en kunsmis wat benodig word vir jou groente. Dit is baie poreus en bevat baie van die voedingstowwe wat aanwesig is in die organiese materiaalwaarvan dit gemaak is. Houtskool verhoog die grond se vermoë om plant voedingstowwe en voordelige grond mikrobes te behou deurdat dit die loging van voedingstowwe deur reën of besproeiing verminder.

Die lae digtheid van houtskool maak swaar grond ligter, wat help met beter wortelgroei, verhoogde dreinering en beter belugting in die grond. Houtskool werk dieselfde as landboukalk om die grond pH te verhoog. Hierdie natuurlike produk verhoog die vlakke van beskikbare kalsium, magnesium, fosfor en kalium.

Voordele:

  • Neutraliseer onsuiwerhede in die grond.
  • Weer insekte af.
  • Uitermatig poreus (plante sal nie maklik verdrink nie, oortollige water sal geabsorbeer word).
  • Verhoed wortel verrotting.
  • Houtskool is 'n uitstekende grond kondisioneerder te danke aan die hoë kalium inhoud daarvan, dit is 'n geskikte vervanger van kalk.
  • Dit neutraliseer plant gifstowwe.
  • Dit verseker totale absorpsie van die oppervlak.
  • Dit verwyder reuke.
  • Neutraliseer skadelike gevolge van onkruiddoders en plaagdoders (hulle is geneig om teenwoordig te wees vir 'n paar jaar, selfs nadat die plante waarvan geoes is, al dood is.
  • Dit kan as 'n deklaag gebruik word
  • Bestuur en verminder swam infeksies in plante.
 

Hoe om die houtkool te gebruik

Strooi dit liggies oor die grond en werk dit in. Jy kan selfs van dit by jou komposhoop gooi om die proses van kompos maak te bespoedig.
KONTAK

Bel ons

Ernst van Zyl: 082 450 6988

John van Zyl: 079 248 5372

of stuur vir ons 'n e-pos

Afrikaans